The Addams Family 2

The Addams Family 2

Praat nou van teleurgesteld in hierdie animasieweergawe! Baie mense is natuurlik groot aanhangers van die Addams-familie, maar ek verkies die regte mense. Ja, die bytende kwinkslae is steeds daar. Morticia wat met Charlize Theron se stem praat, voer steeds die botoon, en hulle avonture is groter as die lewe self. Maar mens mis regte akteurs. In animasiegedaante is die karakters vlak.

Dié slag gaan die Addamse en kie op ‘n reis,  en die avonture is groter as die planeet, maar jy kan net so lank na ’n gegil luister, of staar na skreeuende figure wat stoom afblaas en rol en spring. Daarom is THE ADDAMS FAMILY 2 slegs vir kinders wat deur volwassenes vergesel word, en hulle sal jil en juig. Grootmense mag droëbek daar sit.