THE BARBARIAN INVASIONS (LES INVASIONS BARBARES)

Jy’s ‘n keelvol vir tienerflieks en glinsterende jaagtogte? Moenie tou opgooi nie. THE BARBARIAN INVASIONS is vir mense wat daarvan hou om te dink. Dit gee die breinselle ‘n skop en prikkel die intellek. Maar moenie gaan as jy net vermaak soek nie. THE BARBARIAN INVASIONS is in Frans met Engelse byskrifte en jy moet uithaal om by te hou. Maar as jy bereid is om te konsentreer, mag dit jou fliek van die jaar wees. THE BARBARIAN INVASIONS deur Denys Arcand gaan oor ‘n koppige oubaas wat kommunisme bevorder het in Kanada en wat op sy sterfbed lê. Almal wat hy benadeel EN bevoordeel het, kom bymekaar om sy laaste dae lekker te maak. Die uiteinde is ‘n donker komedie oor wat die lewe die moeite werd maak… die foute wat ons almal maak en… of ons vergiffenis verdien… THE BARBARIAN INVASIONS is aangrypend, snaaks, hartseer en boeiend. Maar onthou, dis ‘n fliek wat NET op aanhangers van kuns-prente gerig is en kry 9 uit 10. Nié as jy na oppervlakkige vermaak soek nie. Wat my betref die beste fliek van die jaar.