18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Ryk van Niekerk

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Aandboekvoorlesing

Tuis | Fliekrubriek | The Bear (Reeks / Disney+)

The Bear (Reeks / Disney+)

8 September 2023
9/10
16
Regisseur: Christopher Storer
Akteurs: Jeremy Allen White, Ebon Moss-Bachrach, Ayo Edebiri, Lionel Boyce, Liza Colón-Zayas, Abby Elliott, Matty Matheson

THE BEAR is seker een van die mees uitmergelende en opspraakwekkende TV- reekse van die jaar. Dis ook vir verskeie Emmies benoem. Maar let net daarop – dit is woes, wild, vol adrenalien, woede, kwinkslae en mense wat dit heeltemal verloor. En daarmee bedoel ek: humeure wat in flardes aan vlagpale rondwapper.

Dit gaan oor ‘n jong sjef wat nie nonsens vat nie. Hy is neuroties en paranoïes, en word gespeel deur die briljante Jeremy Allen White. Nadat sy broer sterf, erf die sjef ‘n sliertige restaurant aan die verkeerde kant van Chicago. As iets kan skeefloop, gebeur dit hier.

Nou moet hy homself bewys, maar alles is teen hom. As jy al ooit vloermoere en geraas gesien het, is dit in THE BEAR, wat jou wakker skud, skok, vermoei en om aandag roep. Dis uitstekend, maar beslis vir ‘n aangeleerde smaak. Dis televisie, spesifiek oor ‘n restaurant, wat alle kosmaakclichés oorboord gooi met ‘n massiewe knal.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: