THE BONFIRE OF DESTINY (Reeks)

THE BONFIRE OF DESTINY (Reeks)

THE BONFIRE OF DESTINY op Netflix gaan oor ‘n groep mense wat in ‘n vermaaklikheidsarkade in Parys, waar die wêreld se eerste rolprent gewys het, vasgekeer is nadat ‘n kamera aan die brand geslaan het, en ‘n groot skare in die gebou vasgekeer was. Dit wys vir byna ‘n uur lank hoe die gebou afbrand en die mense probeer vlug.

Ek kon slegs een episode deursit, daarom is die resensie op daardie episode gebaseer waarin slegs ‘n brand uitbreek en versprei. ‘n Mens kyk hopeloos te lank daarna sonder dat die storie beweeg. Dis realisties, maar langdradig. Hoewel dit op die waarheid gegrond is, kry ‘n mens die indruk dat die gebeure erg uitgerek is en dat sekere voorvalle oorgedramatiseer is. Kyk na episode 1 van THE BONFIRE OF DESTINY. Dalk is dit vir jou, nes vir buitelandse resensente, meer as my 5 uit 10 werd.