The Card Counter

The Card Counter

THE CARD COUNTER se baard is harder as sy kaarte. ‘n Geheimsinnige man, uitdrukkingloos gespeel deur Oscar Isaac, reis van casino na casino en vang vreemde dinge aan sodra hy in sy hotelkamer aankom. Jy moet maar self sien wat hy doen. Hy ontmoet ‘n onskuldige outjie (Tye Sheridan), en die kaartspeler se verlede lek stukkie vir stukkie uit. Elke lekseltjie is so skerp soos ‘n kaart se punt. Jy sal ook leer hoe om te wen in Blackjack en poker.

Jy ken die uitdrukking poker-face? Hier word verduidelik dat sommige opponente nie net tot in jou kaarte kyk nie, maar ook jou siel. Waak teen drie gewelddadige terugflitse wat kan skok. Verder is THE CARD COUNTER ‘n flink manier om jou kaartspeletjie-vermoëns mee op te skerp. Dit gee jou brein bietjie botox.