The Conjuring: The Devil Made Me Do It

The Conjuring: The Devil Made Me Do It

Ek het al opgehou om te tel hoeveel The Conjuring-rolprente daar al was. THE CONJURING: THE DEVIL MADE ME DO IT handel oor ‘n paartjie wat werklik bestaan (ek dink een is onlangs oorlede), Ed en Lorraine Warren. Hulle het al talle duiwels uit mense uitgedryf of spoke weggejaag. Hulle hou ook die spookpop, Annabelle, in hulle huis aan as aandenking saam met ander grieselgeeste. Nou probeer hulle ‘n duiwel uit ‘n onskuldige seun en later jongman dryf. Wil jy weer spook-spook speel?

Hier kom die Warrens voor die taaiste saak in hulle huwelik te staan wanneer ‘n demoon ‘n seun betrek en dan skuimend, skuilplek in ‘n ander jongman soek wat dadelik moord pleeg en tronk toe gaan. Hulle probeer satan, in hierdie geval ‘n maer, bose vrou, keer om verder chaos te saai.

THE CONJURING: THE DEVIL MADE ME DO IT is verbasend skrikwekkend, en al is dit te lank, (mens kan net so lank na lywe kyk wat kontorsies uitvoer), is daar tonele wat jou bloed stol.