23:10 - 23:59

Laataandkuier

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Fliekrubriek | The Cook of Castamar (La cocinera de Castamar) [Reeks]

The Cook of Castamar (La cocinera de Castamar) [Reeks]

6 Augustus 2021
7/10
18
Regisseurs: Norberto López Amado, Iñaki Peñafiel
Akteurs: Michelle Jenner, Roberto Enríquez, Hugo Silva, Maxi Iglesias, María Hervás

THE COOK OF CASTOMAR (LA COCINERA DE CASTAMAR), speel in die 1720’s in die woeste Madrid af. Hierdie Spaanse reeks gaan oor ‘n edelman wat sy vrou verloor het, maar dan verlief raak op sy nuwe sjef wat die sappigste disse voorberei. Hierdie sepie wat The Crown en Downton Abbey naboots en bloots ry, handel oor die edelman se stryd met die Spaanse koningshuis en sy obsessie met die sjef wat aan agorafobie lei en nie kan uitgaan nie.

Daar is genoeg intrige, skandale, lekker skinder, beeldskone kostuums en paleise  om jou ‘n hele Sondag besig te hou. Die gekyf onder die personeel, die disse wat voorberei word en die skandale wat plaasvind, maak dit ‘n opregte Spaanse sepie. Mens wonder net hoe die vroue in hulle kostuums inpas want daar is amper ‘n paar uitpeul-glipse. Dis pure pret en plesier.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: