The Courier

The Courier

THE COURIER met Benedict Cumberbatch is op ‘n meer gesofistikeerde smaak gerig. Dis ‘n uitstekende film. Dis donker, formeel, vol neurose en paranoia, beklemmend en spannend.

THE COURIER is die ware verhaal van ‘n man wat genader word deur MI6 en die CIA. Hy is ‘n doodgewone sakeman wat daar beland, en homself midde-in die Kubaanse missielkrisis van president John F Kennedy bevind. Hierdie bleeksiel was al dikwels in Moskou, maar nou moet hy die Kubaanse missielkrisis probeer keer en inligting terugsmokkel Brittanje toe oor waar die missiele is. Sy sterk punt is sy doodgewone voorkoms. Niemand sal hom mos verdink van spioenasie nie.

THE COURIER is ‘n naelbytrolprent en deeglik nagevors Die reuse geboue, bang, geïsoleerde, eensame mense en formaliteit herinner aan die TV-reeks The Americans en beeld die Koue Oorlog so raak uit, jy bewe daarvan. Maar dis wanneer Cumberbatch ‘n spioenasie-kollega ontmoet en ‘n vriendskap ontstaan, wat die wiele begin draai. THE COURIER is uitsonderlik goed en is spannend.