15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Tuis | Fliekrubriek | The Deepest Breath (Netflix)

The Deepest Breath (Netflix)

4 Augustus 2023
8/10
10-12 PG
Regisseur: Laura McGann
Akteurs: Kristof Coenen, Sean Russel Herman, Stephen Keenan, Audrey Mestre, Nicholas Mevoli, Alessia Zecchini

Onthou julle daardie skrikwekkende dokkie, Free Solo, waar mense kranse kaalhand geklim het sonder toue, duisende meter hoog. Dié slag gaan duikers tot 70 verdiepings onder die see met slegs een asemteug.

Ja, jy het reg gehoor. Waaghalsduikers neem aan kompetisies deel om te bepaal wie sy of haar asem die langste kan ophou met een duik. Die skrikwekkende dokumentêr, THE DEEPEST BREATH, gaan hieroor, maar veral oor ‘n paartjie wat mekaar letterlik onder die see ontmoet het, en toe besluit het hulle gaan elkeen probeer om dieper as die ander te duik.

Met verbysterende realistiese kinematografie word hulle, en ander duikers, se pogings onderwater uitgebeeld. En wees gewaarsku, nie almal maak dit lewendig daaruit nie. Daar is, langs een van hierdie ondersese watergate, plaatjies aangebring wat die duikers, wat dit nie oorleef het nie, se name vereer. Dis een ding waarvan jy nie in dié dokkie kan seker wees nie – dat al die duikers die oppervlakte lewend sal haal.

THE DEEPEST BREATH is 1 uur en 45 minute se ongelooflike tonele waar mense diep-diep-diep onderwater duik, en dan probeer om die laaste en gevaarlikste 10 sekondes, wanneer hulle naby die oppervlakte kom, te oorleef.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: