22:00 - 23:00

Countryklanke

Met Jacques Arendt

Nou op die lug: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Volgende: 23:10 - 23:59

Naweektjil

Met Sue Pyler

-

Tuis | Fliekrubriek | The Defeated (Reeks)

The Defeated (Reeks)

3 September 2021
8/10
16
Regisseurs: Måns Mårlind, Björn Stein
Akteurs: Taylor Kitsch, Michael C. Hall, Logan Marshall-Green, Nina Hoss, Tuppence Middleton, Maximilian Ehrenreich, Sebastian Koch, Mala Emde, Anne Ratte-Polle, Lena Dörrie, Benjamin Sadler

Wanneer ‘n mens na ‘n reeks oor die Tweede Wêreldoorlog kyk, verwag jy gewoonlik dat dit sal konsentreer op die vervolging en foltering van die Joodse bevolking. Maar in THE DEFEATED neem die reeks ons na 1946, die jaar nadat die oorlog geëindig het. Berlyn is net ‘n geraamte van wat dit was. Dit is in vier verdeel – ‘n Russiese, Britse, Franse en Amerikaanse deel. Hoe die karakters tussen hierdie vier grense beweeg, en die gruwels wat in die verwoeste Berlyn plaasgevind het, is voorop. Dit voel of jy deur ‘n kopbeen beweeg.

Dit gaan ook oor ‘n Amerikaanse polisieman (Taylor Kitcsh) wat vervreem geraak het van sy broer. Hulle soek na mekaar. Die reeks is wreed, maar dit gooi ‘n ander lig op die oorlog en sy gevolge, en die karakters registreer meer as mense, nie bloot simboliese figure van ‘n gruwelregime wat net onderdruk het nie. THE DEFEATED sal jou deur ander oë na die na-oorlogse Berlyn laat kyk voor die muur opgegaan het.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: