The Diplomat (Reeks / Netflix)

The Diplomat (Reeks / Netflix)

THE DIPLOMAT is nie die soort reeks waarna jy kyk as jy sommer ‘n los uurtjie wil vul nie. Dis vol dialoog en politieke gebeure gepak, en draai ‘n storie uit stoere regeringskringe op sy kop.

Dit gaan oor ‘n voortvarende politikus, uitstekend gespeel deur Keri Russell, ‘n ambassadeur wat skielik in ‘n politieke arena beland waarvoor sy nie heeltemal geskik is nie. Dan, tot haar skok vind sy uit dat sy moontlik in die kantoor van die visepresident kan beland. Maar hierdie vurige meisie hou nie haar mond nie, maak blapse en foeter in situasies in waaruit sy liefs moet bly. Lekker vermaaklik.

As jy van politieke reekse hou waar raadsale en vergadersale in oorlogsones van woorde verander, mag THE DIPLOMAT jou fassineer. Dis ‘n heerlike, boeiende reeks wat jou omklits as Keri Russell gekonfronteer word met die feit dat ‘n Britse skip in die Persiese Golf aangeval word. Sit Rusland of Iran hieragter? Sy storm net voort tot by die waarheid.

THE DIPLOMAT is  vir mense wat in die politiek belangstel en woorde wat soos koeëls gebruik word. Ook ‘n huwelik waar ‘n egpaar soos ‘n melkskommel rondgeklits word.