The English Game (tv-reeks / Netflix)

The English Game (tv-reeks / Netflix)

THE ENGLISH GAME mag vir jou ‘n paar sportfeite gee waarvan jy nie bewus was nie. Dit verduidelik dat sokker in Eton in Brittanje ontstaan het, maar dat dit aanvanklik net deur gentlemen gespeel is. Toe ‘n groep werklose rowwe ouens van ‘n naburige meule teen die oud-Etonmanne wou speel, besef hulle: Die Etonouens beskou sokker as hulle eiendom, en hulle stel reëls op soos dit hulle pas, wat natuurlik daarop gemik is om hulle te laat wen.

THE ENGLISH GAME is ‘n gesofistikeerde reeks wat aanvanklik oor sokker gaan, maar later afdraaipaaie volg na klasseverskille, en hoe die reëls van voetbal verander en vervorm is. Dit raak hier die spoor byster, want ‘n onnodige liefdesverhaal kaap die reeks dan. Moet dus nie ‘n rowwe-jêk getuimel en gerondrol en ‘n testosteroon-oorlog verwag nie. Dis bedaard en vol sofistikasie.