The First Lady (Reeks / Showmax)

The First Lady (Reeks / Showmax)

Moenie dieselfde fout as ander kykers maak nie. Hulle kyk na die onderwerp van THE FIRST LADY en verwag pratende koppe en feite wat hulle ken. Hierdie gedramatiseerde reeks benader egter die lewens van drie voormalige presidentsvroue uit ‘n ander, meer vermaaklike oogpunt.

Eleanor Roosevelt, Betty Ford en Michelle Obama se veelbewoë lewens agter die deure van die Withuis, word gedramatiseer. En het die drie formidabele vroue opspraakwekkende lewens gehad! Daar word ook gekonsentreer op hoe hulle hulle mans as presidente bygestaan en onderskraag het.

Viola Davis as Michelle Obama, Michelle Pfeiffer as Betty Ford en veral Gillian Anderson as Eleanor Roosevelt lewer manjifieke spel. Sorg dat jy kennis neem en verryk word deur hierdie uitstekende reeks.