The Good Nurse (Netflix)

The Good Nurse (Netflix)

Jessica Chastain se karakter neem haar werk ernstig op, maar Eddie Redmayne s’n is heeltemal te behep met syne. Die rede? Hy is ‘n mediese reeksmoordenaar. Hy plaas pasiënte op ‘n drup, dikwels met ‘n oormaat insulien bygevoeg, waarna hulle sterf. Op die ou end het hy vermoedelik 400 pasiënte op dié manier vermoor. Die ergste is dat hy toegelaat is om so ver te vorder.

‘n Waarskuwing: dit is uiteraard nie ‘n vermaaklike fliek waarin daar elke vyf sekondes ‘n inspuiting of ontploffing plaasvind nie. Dit gaan oor die verlammende  uitwerking wat Cullen op sy pasiënte en die kyker het. Die gruwel is eintlik dat hy in verskeie hospitale gewerk het, en telkens met sy misdrywe weggekom het. THE GOOD NURSE is op ‘n ware gebeurtenis gegrond.