The Guilty

The Guilty

THE GUILTY gaan oor ‘n man wat op parool vrygelaat word, gespeel deur die uitstekende Jake Gyllenhaal. Hy beland by die noodoproep-eenheid waarheen mense bel wat in lewensgevaar verkeer. Hy ontvang ‘n oproep van ‘n vrou wat skynbaar ontvoer is, en dit neem sy hele nag oor. Maar wat het werklik gebeur?

Gyllenhaal lewer soos gewoonlik uitstaande spel, en feitlik die hele rolprent speel op een plek af, in die noodeenheid, terwyl die res van die karakters figurante is. As jy van vermaak hou wat uitdagings stel, is die taai THE GUILTY, met slegs een karakter, uitdagend.