The Hardy Boys (Reeks)

The Hardy Boys (Reeks)

Soos baie ander kinders van my geslag het ek met Trompie grootgeword. Britse kinders en pikkies van ander lande ken weer THE HARDY BOYS sedert 1927, waar twee boeties probeer om speursake op te los. Nou het Showmax besluit om ‘n TV-reeks oor die jeugdige avonture uit te reik. Dis gemaklike, veilige, sjarmante en skadelose kykstof wanneer twee seuns leer om mans te word, maar sonder om iemand dood te maak of uitermate geweld te pleeg.

Wanneer hul ma sterf, probeer hulle haar dood saam met hulle pa oplos. Maar dis nie kinderspeletjies nie. Hulle loop hulle gou vas teen wrede mense met bymotiewe en grootmensdinge wat hulle nie verstaan nie. Alhoewel THE HARDY BOYS temas soos die dood en verlies aanspreek, word dit op so ‘n verantwoordelike manier gedoen dat jy en jou gesin daarna kan kyk.