The High Note
The High Note

The High Note

Wat gebeur as jy ouer as 40  en ‘n vrou is, en jy was een van die gewildste sangeresse op die planeet? Jy maak vrede daarmee dat net vyf vroue oor 40 ooit ‘n nommer 1 treffer gehad het. Dis die dilemma waarmee ‘n gewilde sangeres worstel in THE HIGH NOTE. Saam met haar, volg ons haar storie deur die oë van haar hoogs gefrustreerde persoonlike assistent, want sy is eintlik net ‘n lyfkneg. Sy moet die sangeres hand en tand bedien en van winkel na volgende gig hardloop. Maar sy wil self ‘n musiekbestuurder word.

THE HIGH NOTE is een van daardie wegsink-in-‘n-teaterstoel-flieks waar jy die massiewe musiekoptredes op die silwerdoek moet ervaar, omring deur oorweldigende klank. En Dakota Johnson, ja, sy wat vir meneer Grey vyftig grade van lekker grys gegee het – in haar volle glorie (dog met meer klere aan) en sónder boeie – speel haar assistent. Dis gemaksone-kykstof. Jy moet dit met springmielies sien en iemand by jou. Word deel van THE HIGH NOTE se lekker storie, en huil en sing saam.