THE INNOCENT mag onskuldig lyk, maar die reeks gooi soveel wilde draaie, dat jy self nie jou GPS kan vertrou nie. Twee stories kom bymekaar, en jy moet omtrent ‘n I.K.-toets aflê voordat jy seker is jy kan byhou.
Kortliks gaan THE INNOCENT oor ‘n man wat op ‘n aanklag van strafbare manslag in die tronk beland. Ná ‘n reeks vreemde gebeure, kruis sy pad dié van ‘n sexy en gedugte vroulike speurder, wat hom van nóg ‘n moord verdink. Van hier af kinkel en tuimel die storie in al vier windrigtings, en jy moet uithaal en wys om by te bly.
Solank jy net weet dis nie een van daai reekse waar jy voor jou TV-stel gaan sit en vra: “Hoor hier, wat’s vanaand op Netflix nie?: En dan soek jy… en klik per ongeluk hierop nie. Jy moet daai breinselle almal in ‘n ry kry. Dan behoort jy dit te geniet. THE INNOCENT is ‘n gedugte Spaanse speurreeks.
Oorspronklike titel: El Inocente