The Last of Us (Reeks / Showmax)

The Last of Us (Reeks / Showmax)

THE LAST OF US is ‘n TV-reeks soos jy eintlik nog nooit gesien het nie. Baie mense deins seker terug as hulle hoor dit gaan oor zombies. Dit gooi egter ander draaie. ‘n Pandemie breek uit waar swamme mense besmet en dan in zombies verander. Diegene wat gelukkig genoeg is om te ontsnap, swerf dan deur ‘n oorlogsgebied en ‘n post-apokaliptiese wêreld op soek na uitkoms en redding.

Die aksietonele is groter as wat jy gewoonlik op televisie kry. En alhoewel die reeks in die slaggat kan trap van: Ouer man en meisie swerf tussen ruïnes deur en moet teen zombies veg om te oorleef, is daar telkens verrassings, en neem die aksie wendings wat jy nie verwag nie. Net die agtergrond en verwoeste stede waarteen die reeks voltrek word, sal jou reeds oorweldig.

Let net daarop dat die eintlike draaipunt, asook hoogtepunt, in episode 3 is waar ‘n gedeelte van die episode skielik ‘n regsomkeer maak, en die storie in ‘n ander rigting stuur, voordat die drade weer bymekaarkom.

THE LAST OF US word absoluut aanbeveel vir wetenskapfiksie-aanhangers en mense wat na iets anders soek.