THE LAST THING HE TOLD ME is ‘n tipiese vraatkyk-reeks, waarvan die wortels in ‘n blitsverkoper merkbaar is. Dit is vir TV verwerk, en kies ‘n handige tema vir ‘n reeks: iemand verdwyn. In hierdie geval raak ‘n sakeman weg (knap gespeel deur Game of Thrones se Nikolaj Coster-Waldau). Het hy gevlug? Is hy ontvoer? Sy tweede vrou en sy tienerdogter besef dat hulle hom nooit werklik geken het nie. Dis veral Jennifer Garner se intense spel wat die reeks bymekaarhou, asook die spronge, draaie en verrassings wat die reeks stuur. So ‘n lekker saans-by-die-huis-kom-reeks, waar jy net na die moordende verkeer kan ontspan terwyl jy kyk.