18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Ryk van Niekerk

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Aandboekvoorlesing

Tuis | Fliekrubriek | The Lesson is Murder (Reeks / Disney+)

The Lesson is Murder (Reeks / Disney+)

1 September 2023
6/10
16
Regisseur: Shawn Cuddy
Akteur: Bryanna Fox

Ware misdaaddramas is deesdae hoogmode. Om die waarheid te sê, dit het ‘n nuwe blitsneiging geraak. In THE LESSON IS MURDER, onderrig ‘n kriminoloog, dr. Bryanna Fox, ‘n groep kriminologie-studente en profieloptrekkers, oor hoe om veral reeksmoorde te bestudeer, en te ondersoek wat hierdie moordenaars aanhits om mense dood te maak. ‘n Waarskuwing: daar is ontstellende feite en beeldmateriaal.

Dit gaan nie heeltemal so in diepte op die sake in as wat ‘n mens sou wou gehad het nie. Dis eintlik bietjie verglans, eintlik ook omdat dr. Fox aanbied en dikwels vir die kamera verduidelik wat ‘n fraksie van ‘n kunsmatige kwaliteit daaraan gee.

THE LESSON IS MURDER bekyk onder andere die sake van die moordenaar-verpleër, Will Davis, wat vier pasiënte om die lewe gebring het, en ‘n man wat huurmoordenaars gebruik het om sy vrou te vermoor,  die gevreesde Robert Fratta. Daar word ook onderhoude met die moordenaars gedoen.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: