THE LIFE AQUATIC WITH STEVE ZISSOU

1 April is nét die regte dag vir THE LIFE AQUATIC WITH STEVE ZISSOU. Die titel is amper meer eksentriek en langer as die fliek! Hier ontdek Bill Murray dat sy beste vriend deur ‘n haai opgevreet is. Hy gaan op ‘n ekspedisie om sy dood te wreek… dan val seerowers hom aan. Klink die storie vir jou na ‘n gekkedag-verhaal? Wel, jy’s nie ver verkeerd nie! Dis rare, vreemde vermaak… uit dieselfde stal as Wes Anderson se THE ROYAL TENENBAUMS en Rushmore. Die humor is vindingryk en intelligent. Moet dus Nié MEET THE FOCKERS verwag nie. Jy lag omdat die gebeure so absurd is en die humor so kurkdroog is. Nie almal sal van THE LIFE AQUATIC WITH STEVE ZISSOU hou nie. Maar as donker komedies jou nerwe kielie, is hierdie een vir jou. Of jy sal dol wees daaroor, of jou geld woedend terugvra. Taalgebruik kan aanstoot gee.