THE MANCHURIAN CANDIDATE

THE MANCHURIAN CANDIDATE is die enigste fliek naas GARDEN STATE wat regtig die moeite werd is. Dis ‘n nuwe weergawe van die 1962-politieke riller wat destyds onttrek is na president Kennedy se dood omdat dit so na aan die waarheid was. Dit gaan oor ‘n reuse-korporasie wat soldate na die Iranese oorlog breinspoel. Dan besef ‘n soldaat dat sinistere magte ‘n ogie op die Wit Huis het. Meryl Streep, die grootste aktrise van ons tyd, speel die rol van die oorheersende ma… dis glo op Hilary Clinton gegrond, terwyl Denzel Washington die vreeslose soldaat is. Jonathan Demme, wat ook THE SILENCE OF THE LAMBS gemaak het, regisseer dié vreemde spanningsdrama met ‘n sterk hand, ‘n atmosfeer van erge paranoia en hy heg ‘n verrassende slot aan. THE MANCHURIAN CANDIDATE is knap vermaak terwyl so baie ander wegneemflieks die teaters beset, en word sterk aanbeveel met 8 uit 10.