THE MARKSMAN

THE MARKSMAN

THE MARKSMAN met staatmaker Liam Neeson, gaan oor ‘n tawwe ouballie wat ‘n Mexikaanse seuntjie oor die Mexikaanse grens moet vervoer, maar soos almal weet is dit makliker gesê as gedaan. Baie skote word geskiet, baie skurke byt in die stof, motors verongeluk en die seuntjie maak beswaar teen sy reis. THE MARKSMAN is hardebaardvermaak op Showmax en presies wat jy van ‘n Liam Neeson-film verwag as jy aksie soek. Hy is rateltaai.