The Marvelous Mrs. Maisel (Reeks)

The Marvelous Mrs. Maisel (Reeks)

‘n Vrou wat nie op haar tone laat trap nie, is mevrou Maisel. THE MARVELLOUS MRS. MAISEL op Amazon Prime Video gaan oor ‘n komediant (Rachel Brosnahan) en hoe sy en haar Joodse familie die wêreld hanteer. Sy sê wat sy dink, baie keer in kru taal. En sy staan nie ‘n oomblik terug nie, nog minder keer struikelblokke haar.

Die reeks het talle pryse gewen. ‘n Mens slaan dikwels jou hand voor die mond oor die mevrou se domastrantheid en parmantigheid, maar jy lag jou ‘n papie.