THE MAURITANIAN

THE MAURITANIAN

THE MAURITANIAN is inderdaad ‘n taai rolprent. Dit speel hoofsaaklik af op die berugte Guantanamo Bay in die tronk waarheen politieke gevangenes gestuur word wat van aanvalle teen Amerika verdink word.

‘n Jong man (Tahir Rahim) beland onskuldig in die tronk op Guantanamo Bay waar hy vir 14 jaar gemartel en gebreinspoel word.  Jodie Foster is ‘n prokureur wat probeer om hom nie net daaruit te kry nie,  maar ook sy onskuld te bewys. THE MAURITANIAN is ‘n strak, formele, koelbloedige film, en alhoewel die storie jou sal ontstel, is die karakters nogal geslote en ontoeganklik, en maak mens moeilik kontak met hulle. Maar dit vlek wreed oop wat met gevangenes daar gebeur, en vra die vraag: durf ‘n beskaafde land werklik so onmenslik optree? Moet Guantanamo Bay dalk permanent gesluit word?