The Movies That Made Us

The Movies That Made Us

Enigiemand wat belangstel in hoeveel probleme vervaardigers op die lyf geloop het voordat klassieke films gemaak is, sal hulle verkneukel in THE MOVIES THAT MADE US. Het jy byvoorbeeld geweet dat niemand Halloween wou gehad het nie? Dat Back to the Future se teks heel onderaan ‘n dik pak tekste gelê het wat ‘n ateljeebaas moes lees? Dat iemand dit onder uit die pakkie gehaal het en toe besluit het: ag nee wat, dit sal nooit werk nie. En toe dit uiteindelik voor die kameras beland, word die hoofakteur ontslaan?

Pretty Woman was ‘n baie donker film waarvoor verskeie aktrises nee gesê het, tot Julia Roberts ontdek is, en die aanslag skielik ligter geword het. En daar was soveel chaos op die stel van Robocop dat dit byna ‘n jaar geneem het om die film te maak, en ses maande om die robot se kostuum te ontwerp en te laat pas!

Hierdie en ander inligting oor bv. Die Hard, Home Alone, Ghostbusters en Alien word openbaar gemaak. Die drama agter die skerms is amper interessanter as die uiteindelike films wat, na baie trane en bakleiery, voltooi is. Waag ‘n kans met THE MOVIES THAT MADE US.