10:00 - 11:00

Reis sonder grense

Met Johan Rademan

Nou op die lug: 11:00 - 11:30

Musiek op RSG

Met Charlene Lackay

Charlene Lackay

Volgende: 11:30 - 11:45

Kat en hond

Met Lizma van Zyl

11:45 - 12:00

RSG Landbou

Met Eloise Pretorius

Tuis | Fliekrubriek | THE NEST

THE NEST

24 Desember 2020
6/10
16 D L N S V
Regisseur: Sean Durkin
Akteurs: Jude Law, Carrie Coon, Oona Roche, Charlie Shotwell

Jy kyk. En jy kyk weer. Dit het oorsee talle top 20 lyste loshande gehaal met juigende resensies. Maar THE NEST wil jou net nie aangryp  en nesskop in jou kop nie. En jy het boonop fliekteater toe gery en geld betaal om dit te sien.

Die storie is so oud soos water. ‘n Gesin trek in ‘n kasarm van ‘n ou huis op die Engelse platteland in. Jude Law hou goeie moed, maar sy vrou (Carrie Coon) is nie so seker nie. Is daar spoke? Of is die huis boos?

Dalk skuil die spoke in die karakters, want dit is die vierde keer dat die mense binne 10 jaar na ‘n ander huis trek. Law, as ‘n sakeman, trek die prop van sy finansies uit. En voor jy kan sê balju, begin mej. Coon besef dat sy nie vir spoke hoef bang te wees nie, maar vir skuld. En dis alles die huis se skuld!

Baie van julle mag voel dit is een van die beste 20 films van die jaar. Ek het net oorbluf daar gesit, en was net bly ek trek nie binnekort nie. Ek voel louerig oor THE NEST. Dis vir ‘n gesofistikeerde en uitgesoekte smaak.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: