THE PRINCE AND ME

THE PRINCE AND ME herinner aan ROMAN HOLIDAY en STUDENT PRINCE, want dit gaan oor ‘n doodgewone meisie, die pragtige JULIA STILES, wat verliefraak op ‘n aantreklike student… min weet sy dat hy die toekomstige koning van Denemarke is. Misplaaste identiteite en misverstande kelder amper hul liefde… tot sy pa siek word en hy moet teruggaan Denemarke toe. Is die meisie net ‘n fortuinsoeker? THE PRINCE AND ME is super-romantiese melodrama, spesiek gemaak vir tiener-meisies en hul ouens. Alle ouderdomme word toegelaat… dis romanties, snaaks, gesofistikeerd en nogal regtig boeiend. Selfs suurknolle soos ek het geնnteresseerd na die fliek gestaar. Dis geen groot vermaak nie, net lekker, outydse romantiese pret vir die hele gesin, maar veral vir tienermeisies. THE PRINCE AND ME.