22:00 - 23:00

Countryklanke

Met Jacques Arendt

Nou op die lug: 23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Volgende: 23:10 - 23:59

Naweektjil

Met Sue Pyler

-

Tuis | Fliekrubriek | The Protege

The Protege

10 September 2021
6/10
16 L N V
Regisseur: Martin Campbell
Akteurs: Maggie Q, Samuel L. Jackson, Michael Keaton, David Rintoul, Patrick Malahide, Ray Fearon

Ek het aanvanklik langtand na THE PROTEGE gekyk, want dit lyk na net nog ‘n skiet-skop-en-doodbloei-fiek. Maar dit is nie. Hoewel dit uitsluitlik vir aksievrate is, is daar meer om die draaiboek se lyf as net ‘n titaniese bakleiery.

‘n Jong Asiese meisie (later gespeel deur Maggie Q) word van ‘n gewisse dood gered deur ‘n sluipskutter (Samuel L. Jackson). Hy leer haar, in redelike menslike en rustige tonele, alles wat daar is van sluipskuttery en selfverdediging. Dan word hy vermoor en sy besluit om wraak te neem.

Hoewel daar natuurlik woeste gevegte is, meestal kung fu, maar ook met allerhande ander wapens, is hierdie een nie heeltemal so erg soos dit lyk nie, met die uitsondering van die hiperdramatiese einde. THE PROTEGE is net vir mense wat van aksiefilms hou.

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: