The Raincoat Killer: Chasing a Predator in Korea (Reeks)

The Raincoat Killer: Chasing a Predator in Korea (Reeks)

Die Netflix-reeks, THE RAINCOAT KILLER: CHASING A PREDATOR IN KOREA, is ‘n vermoeiende, lang en stadige reeks. Dis jammer, want dis op die waarheid gebaseer, en gaan oor een van die grootste reeksmoordenaars en psigopate van sy tyd, wat veral prostitute wreedaardig in sy badkamer vermoor het. Dié reeks vertel die skrikwekkende verhaal in drie episodes, maar eintlik moes dit net twee episodes gewees het.

Die Suid-Koreaanse polisie, wat die moordenaar een keer deur hulle vingers laat glip het, ontleed wat verkeerd gegaan het. Die dokkie wys hoe vroue geregsdienaars en speurders die saak opgelos het. Hy is Suid-Korea se ergste reeksmoordenaar: Jeong Nam-guy. Daar is net een foto van sy gesig. Vir die res van die tyd is hy agter ‘n blou masker.