The Salisbury Poisonings (Reeks)

The Salisbury Poisonings (Reeks)

Baie mense onthou seker nog die ware gruwelstorie van twee mense wat skynbaar onskuldig op ‘n bankie in ‘n park in Salisbury in Engeland gesit het. Skielik het albei omgekap en een het geweldig begin opgooi. Dit blyk toe later dat hulle dubbele spioene was wat deur die Russe vergiftig is. Baie mense wat met hulle in aanraking was, soos ‘n ondersoekbeampte, het ook dodelik siek geword.

THE SALISBURY POISONINGS op Britbox met Rafe Spall en Anne-Marie Duff kyk na hierdie ongelooflike voorval met ’n nugter kop en ‘n normale aanslag, sonder om dit te oordryf. Veral Duff as die hoof van gesondheid in die stad, hou haar kop op die regte pad en die ware voorval word dikwels met skok, maar altyd eweredig en sonder te veel omhaal van drama of woorde vertel. Duff is ongelooflik effektief in die rol.