THE SECRET: DARE TO DREAM

THE SECRET: DARE TO DREAM

THE SECRET: DARE TO DREAM laat trane soos Slush Puppy oor jou wange biggel. Dis ‘n doodgewone, effens ondergemiddelde film as jy na iets soek wat niemand sal aanstoot gee nie, en jy wil die hele gesin fliek toe wil vat. ‘n Moeilike vrou (Katie Holmes) bots letterlik met ‘n aantreklike man (Josh Lucas), wat met slegte nuus op pad is. Maar eers help hy haar met haar motor se gebuigte buffer. Hoe lank sal dit neem om die slegte nuus oor te dra?

Dis is inderdaad sentimenteel en baie veilig, dus ‘n fliek wat al die regte geluide maak en die storie laat verloop presies soos jy verwag, want teenoorgesteldes trek mekaar mos aan soos die film verduidelik. Of dit gaan werk? Ek dink jy weet. Jy sal glimlag en ‘n traan wegpink.