THE SECRET GARDEN

THE SECRET GARDEN

Daar is reeds ongeveer vyf rolprentweergawes van Frances Hodgson Burnett se geliefde roman THE SECRET GARDEN gemaak. Die 2020-weergawe is ‘n meer bedeesde en  besadigde rolprent, dus is dit vir kunsliefhebbers. Ek het die tempo soms ‘n bietjie te traag gevind, maar die spesiale effekte, die verandering van kleur, en die wyse waarop klein Mary ‘n towertuin ontdek wat haar eensaamheid verlig en haar inspireer om haar lewe blink en opwindend te maak, is veral vir ma’s en dogters. Dis pragtig verfilm.