The Secrets We Keep

The Secrets We Keep

Sal die titel jou na hierdie vollengte rolprent toe aantrek? Nie sommer nie. Tot die spelers onder jou aandag kom – Noomi Rapace en Joel Kinnaman. Gereelde fliekgangers mag hulle herken as Lisbeth Salander in die trilogie wat begin het met The Girl with the Dragon Tattoo, die Amerikaanse weergawe. Joel Kinnamon is veral bekend om House of Cards.

In hierdie taai, gewelddadige en senutergende rolprent wat in die jare 50 in Amerika afspeel, verbeel ‘n vrou wat ‘n konsentrasiekamp-gevangene was, haar martelaar is in die dorp. Hy word gespeel deur Kinnamon, en sy vermoed dat hy haar gruwelik aangeval het tydens die oorlog. Sy wil nou wraak neem, en ontvoer hom. Maar is dit werklik hy, of verwar sy hom met iemand anders?

Groot dele van THE SECRETS WE KEEP op Showmax speel in die vrou se kelder af waar sy en haar man probeer om ‘n bekentenis uit die man te dwing. Daar is gruwelterugflitse na wat met haar gebeur het, en haar desperate metodes, asook die gevolge wat dit op sy gesin het. Alles word dramaties uitgebeeld. Onthou net, dis ‘n moeilike rolprent.