THE SPONGEBOB SQUAREPANTS MOVIE

Ek het onderhoude met die sterre van SPONGEBOB SQUAREPANTS in Hollywood gevoer, en was hulle ‘n jolige klompie! Hulle verskaf die stemme vir die rare karaktertjies wat in BIKINI BOTTOM bly… Spongbob is ‘n vierkantige spons wat die vreemdste avonture het… en hy en sy rare maats woerts gedurig tot op die bodem van die see… daar probeer hulle die koning se kroon terugkry. En ons lag ons papies in die proses. SPONGEBOB is ‘n fenomeen in Amerika. Dit het $85-miljoen verdien… en baie Suid-Afrikaners, veral kinders, is dol oor die sponsie se avonture. Laai die kinders met ‘n geruste hart by THE SPONGEBOB SQUAREPANTS MOVIE af. Hulle sal hulle gate uit geniet.