THE STEPFORD WIVES

Nicole Kidman is een van die wêreld se mooiste vroue… en as mens die skinderkolomme moet glo, het sy al met almal behalwe George Bush ‘n verhouding gehad. Haar STEPFORD WIVES open vandag, gegrond op die 1970’s fliek met dieselfde naam. Die storie is meeste mans se droom. Daar bestaan ‘n dorpie in Amerika waar al die vroue beeldskoon is en aan elke gier en geit van mans voldoen. Maar iewers is ‘n skroef los. LETTERLIK. STEPFORD WIVES is een van daai flieks wat so swak is, dis eintlik goed. Mens gaan kyk dit saam met pelle as jy in ‘n verspotte laaglê-bui is. Jy wil nie dink nie, jy wil soos, met SHOWGIRLS, guitig giggel en jou lippe in ‘n grynslag vertrek… soos toe mens in die skool was en ‘n vuil grappie gehoor het. Dan giggel jy al frons die juffrou hoe kwaai. Dis al waarvoor STEPFORD WIVES goed is. In jou mou lag. Dit kry 5 uit 10. En ALMAL weet reeds wat die kinkel in die kabel is.