The Tourist (Reeks / Showmax)

The Tourist (Reeks / Showmax)

Ja, hoor ek jou sug. As ek so na die nuus luister en die koerante lees, het ek lus vir niks. Die TV-reeks, THE TOURIST, is vir hierdie soort swartgalligheid gemaak. Dis ‘n wulpse, hoogopskop, maar ook dramatiese lekker-kyk-reeks oor wat in die Australiese Outback kan gebeur… veral as ‘n bose trok jou agtervolg.

Die aantreklike Jamie Dornan is stowwerig en gehawend as ‘n man wat sy geheue verloor het. Mense wil hom doodmaak. Maar hoekom? Wanneer sy pad met ‘n mooi meisie en ‘n plomp, gemoedelike polisievrou kruis, verander alles. Om die waarheid te sê: almal wat in sy lewe verskyn, verander hom op een of ander manier.

THE TOURIST is spannend, verrassend en skop jou op jou jis wanneer jy dit die minste verwag. Dit boei só jy sal nie eers die kragopwekkers om jou hoor nie. THE TOURIST is gemaak vir donker dae.