The Unforgivable

The Unforgivable

THE UNFORGIVABLE op Netflix gaan oor iets onnoembaars wat 20 jaar gelede gebeur het. Sandra Bullock as Ruth Slater word daarvoor tronk toe gestuur. Wanneer sy uitkom, wil sy haar sussie weer kontak, maar niemand wil haar help of vergewe nie. Hierdie rolprent is nogal taai. Dis nie iets wat jy vinnig op ‘n Sondagmiddag kyk nie. Vergifnis kom met ‘n prys, maar kan ‘n mens ‘n wrede daad sommer vergewe? Of hou die gevolge nooit op nie?

Dis ‘n hardebaardfilm waarin Sandra Bullock ‘n knap vertolking lewer. Mens sien die swaarkry asook die ontberings van die tronk in haar spel en op haar gesig. Maar wat het werklik gebeur? Ek moet waarsku: dis ‘n moeilike fliek wat konsentrasie en toewyding vereis. Dit gaan ook oor onselfsugtigheid en naasteliefde. Jy mag geskok wees oor die einde wat jou onkant sal betrap.