THE UNITED STATES OF LELAND

Dis een van daai klein, onafhanklike flieks wat twee weke wys en dan verdwyn omdat niemand gaan kyk nie. As jy iets vir die breinselle soek, of ‘n rolprent wat jou laat dink oor geweld in die samelewing en hoekom mense moor, is THE UNITED STATES OF LELAND vir jou. Dit gaan oor ‘n doodgewone outjie wat ‘n teruggetrokke leerling vermoor. Hoekom het hy dit gedoen? Ek dink veral met die Leigh Matthews-moord wat tans in die nuus is, is THE UNITED STATES OF LELAND soos ‘n teksboek wat ‘n mens moet lees oor moordmotiewe. Dit gee nuwe insig in bisarre optrede. 8 uit 10. Gaan kyk daarna as jy intellektueel geprikkel wil word.