The UnXplained (Reeks)

The UnXplained (Reeks)

William Shatner ondersoek rare gebeure, en probeer verklaar of daar spoke is, en hoe die wêreld se grootste geheime ontstaan het en wat die waarheid eintlik is. Hy filosofeer ook oor die verstommende oplossings. Hy waarsku: die menslike brein is die vreemdste ding wat daar is, en ons weet meer van die ruimte as van ons eie brein. Dis ‘n lewendige rekenaar met onbeperkte potensiaal. Maar wat as dinge daarin skeefloop? Dit sal jou die moeite loon om hierna te kyk en self verklarings vir die grootste geheime ter wêreld te probeer gee.