THE WAR WITH GRANDPA

THE WAR WITH GRANDPA

Dis altyd jammer dat Robert de Niro, daardie swaargewig-akteur, deesdae in lighartige kinderflieks speel. Maar hy kan seker ook nie net Raging Bull doen nie. THE WAR WITH GRANDPA gaan oor ‘n dierbare oupa wat by sy kinders se huis intrek en dan sy kleinseun se kamer kry. O maggies! Dit beteken oorlog, maar “oorlog” soos in Home Alone waar die twee mekaar klits en karnuffel sonder om ooit regtig seer te kry. Die seun onderskat die oupa, en oupa besluit ‘n oorlog is die enigste manier om met sy kleinseun vriende te maak of te bond.

Dis ‘n springmielie-komedie waar elke mielie-pop ‘n lagbui ontketeken. As jy sien wat oupa en kleinseun met mekaar aanvang, mag jy van die week se slegte nuus vergeet. Jy moet die hele familie fliek toe vat om weer ‘n slag saam uit julle mae te lag. THE WAR WITH GRANDPA is skadelose en pittige vermaak.