The Watcher (Reeks / Netflix)

The Watcher (Reeks / Netflix)

Asof daar nie genoeg gruwels in die wêreld is nie, stroom ons nog gruwelreekse ook, soos THE WATCHER uit die Ryan Murphy-stal.

‘n Paartjie koop ‘n huis op die platteland. Dis pragtig en almal is dolgelukkig. Dan kry hulle onverwags dreigbriewe, wat hulle aanraai om so gou moontlik uit te trek. Hulle veg terug. En dis ‘n fout…

THE WATCHER is dikwels senutergend, want daar gebeur vreemde dinge in die huis. Dalk meer in Ryan Murphy se verbeelding as wat werklik plaasgevind het, want die reeks is op die waarheid gegrond. Murphy het bygelas. Mens weet nie wat jy altyd kan glo en wat nie, maar dit bly senutergend.

Feit bly staan: Jy sal vir ‘n ruk moeilik aan die slaap raak nadat jy THE WATCHER gesien het. Dis skrikwekkend, maar hopeloos te uitgerek en aangelas. Tog is dit vermaaklik.