The Woman in the House Across the Street from the Girl in the Window (Reeks)

The Woman in the House Across the Street from the Girl in the Window (Reeks)

Nou waarom die lang titel, wonder almal seker. Dit moet ook nie met ‘n ander reeks, The Woman in the Window, verwar word nie. Hierdie reeks op Netflix gaan oor ‘n vrou met ‘n rare neurose. Sy is bang vir reën. Wanneer sy een aand deur haar venster na die reënerige straat kyk, sien sy hoe haar buurvrou vermoor word. En sy vries. Dan gebeur allerhande nare dinge met haar. Die res van die reeks handel oor wie die moord gepleeg het, en ook hoekom die titel so lank is, en wat die posman so dikwels in die straat maak. Om meer te sê sal die geheim verklap. Onthou: jy sal jou speurvernuf moet inspan om een stappie voor Kristen Bell te wees wat die arme Anna speel. Elke episode het ‘n verrassing en eindig op ‘n sogenaamde cliffhanger… hou dus jou oë wawyd oop en moenie mislei word nie. Dis ingewikkelder as wat jy dink.