The Woman in the Window

The Woman in the Window

Die fliek misbruik eintlik die talente van die hoofster, Amy Adams. Sy ly aan agorafobie, wat beteken sy kan nie haar huis verlaat nie. Maar wat gebeur wanneer ‘n vriendin van oorkant die straat kom kuier en dan vermoor word? Die arme vrou sien die moord plaasvind en kan dit nie keer nie. Nou is die moordenaar natuurlik agter haar aan en, nog erger, wil haar by die moordkomplot betrek. Dis die soort middelmatige fliek wat jy op ‘n Sondagaand kyk wanneer dit te vroeg is om te gaan slaap, maar jy is lus vir iets wat min eise aan jou brein stel.