The Women and the Murderer

The Women and the Murderer

Vir diegene wat na iets soek met meer om die lyf, is daar die dokumentêr THE WOMEN AND THE MURDERER. Dis gegrond op die ware gebeure in die jare negentig toe ‘n psigopaat, Guy Georges, sewe meisies vermoor het. Toe die polisie niks kon doen nie, het ‘n groep vroue, waaronder die ma’s, familie, polisievroue en advokate, dit op hulle geneem om die monster vas te trek en te sorg dat die glibberige kalant nie wegkom nie. Dis in Frans en is alleen gerig op mense wat van kunsfilms of dokkies hou.