THE WOODS (Reeks)

THE WOODS (Reeks)

THE WOODS is die soort reeks wat mense wil laat kyk. Dit gaan natuurlik oor wie die moorde gepleeg het. Dit spring heen en weer in tyd tussen die moord en die invloed wat dit op die karakters as volwassenes het.

Tydens ‘n bospartytjie raak vier kinders weg. Twee se lyke word gevind, die ander word vermis, tot die reeks dekades later die storie verder voer. Wie is skuldig? THE WOODS gee baie leidrade, maar soos gewoonlik in sulke reekse, word die gebeure gerek om meer episodes uit die storie te draai wat tot herhaling of ‘n stadige tempo lei. Ou skuldgevoelens, ‘n brutale moord en donker geheime waarop die kollig skielik val, maak hiervan net nog ‘n moordreeks soos die baie wat ons al gesien het. Dus, al is THE WOODS kykbaar, sal jy niks hierin vind wat jy nog nie in ander soortgelyke reekse gesien het nie.