THUNDERBIRDS

THUNDERBIRDS is liggewig vermaak. Dis die rolprent-weergawe van REDDING INTERNASIONAAL en bevat nie net animasie nie, maar ook lewende akteurs. Ek gaan nie vir julle volledig vertel waaroor THUNDERBIRDS gaan nie, die storie is bysaak. ‘n Gevaarlike paloeka wil die wêreld oorneem, en ‘n klomp ouens vol testosteroon wil hom keer. Maar hulle het nie genoeg krag nie… daarom gebruik hulle die pienk lady, Penelope, om te help. As ‘n kind weer sê: “ma, pa, ek’s verveeld, wat kan ek maak?” en jy wil hom van die dertien sepies weghou wat op televisie wys… gaan laai hom en sy pelle by Thunderbirds af. Ek self is nie ‘n aanhanger daarvan nie, maar… ek is nie die teiken-gehoor nie. Ek gee THUNDERBIRDS 6 uit 10: jaag die kinders soontoe. En as jy wil laaglê, gaan saam. Almal is welkom.