TIGER (Minireeks)

TIGER (Minireeks)

Die dokumentêr TIGER vertel aanvanklik die verhaal van ‘n doodgewone seuntjie wie se pa hom aangemoedig het om gholf te speel. Hy het van krag tot krag gegaan, tot hy die toppunt van die leer bereiken ‘n superster geword het. Maar toe gaan die roem kop toe, en hulle sê mos: roem kan selfvernietigend wees. Tiger Woods se naam ontplof skielik op elke skinderkoerant se voorblad met dramatiese onthullings. TIGER wys hoe Woods vir enkele jare ‘n ongekende laagtepunt en depressie bereik het, maar homself opgetel het om weer een van die beste gholfspelers ter wêreld te word.

Wat werk in dié dokumentêr is die tempo waarteen dit gemaak is, die deeglike navorsing, en veral die hoeveelheid mense met wie onderhoude oor hom gevoer is – van sy ouers en onderwysers tot vriende en van die meisies wat vir sy val verantwoordelik was. Daarom kry ‘n mens ‘n taamlike goeie geheelbeeld van wat gebeur het, met ‘n waardevolle les oor wat gebeur as almal vir jou sê jy is die beste in die wêreld. TIGER op Showmax sal veral aanklnk vind by gholfspelers en mense wat die drama destyds gevolg het. Dit wys hoe ‘n ikoon opgebou en afgebreek word. Dis uitstekend.