Tiny Beautiful Things (Reeks / Disney+)

Tiny Beautiful Things (Reeks / Disney+)

As ek noem dat Reese Witherspoon een van die vervaardigers is, mag jy jou afstandbeheerder op daardie naam rig. Maar, o wee. Die hoop beskaam. Hierdie reeks raak die kluts vroeg kwyt. Die storie rafel in alle rigtings uit, en dis bitter moeilik om vat aan die stroewe karakters te kry, laat staan nog simpatie te hê.

Kathryn Hahn speel die moeilike rol van ‘n vrou wat mense raad gee in tydskrifte oor persoonlike probleme. Maar vir haarself het sy nie raad nie! Boonop spring die reeks in tyd rond en word haar kinderlewe parallel aan haar volwasse lewe ontwikkel wanneer sy as kind dieselfde probleme ervaar as haar dogter. Haar lewe is ‘n ramp, haar man het haar verlaat en alles val uitmekaar. Sy is nie die mens wat sy wou gewees het nie.

TINY BEAUTIFUL THINGS is ongelukkig ‘n teleurstelling. Daar mag vroue wees wat aanklank vind daarby, maar dis nie vir ‘n algemene smaak nie.